Hans het geen begeerte om ná soveel jare alleen weer vrou te vat nie. Maar alles verander toe ’n nuwe inwoner, Liefiediefie, in Huis Madeliefie land. Met haar Marilyn Monroe-gesiggie en Jane Fonda-lyfie veroorsaak sy ’n heidense herrie onder die mans en roer sy iets in Hans se gemoed los. Nog ’n nuwe inkommer, Janneman Vermaak, ding om haar hart mee. Boonop wil hy Hans as leidsman in die tehuis onttroon. Maar iets aan dié opperse snoeshaan en die talentkompetisies wat hy reël is nie pluis nie.
A propos de l’auteur
Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al dertien uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek, Merk, Hartedief, Monster, Doolhof en Dwelm, en die topverkopende komiese romans Hans steek die Rubicon oor, Hans gee Herklaas horings, Hans bars die bioborrel en Hans hou sy lyf Sherlock.