Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester se lewe torring los, en hy sluit aan by die Kaapse tak van Mercurius, ’n CIA-steunpilaar. Intussen word ’n Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n SA joernalis as onwillige ooggetuie. Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Saoediese agente en ’n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.
Mengenai Pengarang
Rudie van Rensburg woon in Kaapstad en het al elf uiters gewilde spanningsverhale geskryf: Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana, Kamikaze, Ys, Medusa, Vloek, Merk, Hartedief en Monster, en die topverkopende komiese romans Hans steek die Rubicon oor, Hans gee Herklaas horings en Hans bars die bioborrel.