Frik du Preez 
Boots en Brannewyn [PDF ebook] 
Snaakse stories uit die rugbywereld

Ondersteuning

Het jy al die een gehoor van die ref wat die Bokke tereggewys het dat ‘die Engelse julle darem nou lekker donner’? Of van Bob Skinstad se ‘noodgebed’ voor ’n wedstryd en hoe Andries Bekker die bynaam ‘Slenter’ gekry het? Om nie te praat van wat die koerantmanne te sê gehad het oor Derick Hougaard en die Aussie Wendell Sailor se swak vertoning tydens die 2003-Wêreldbeker nie …
Of jy nou vir Bitterfontein, die Blou Bulle of die Bokke speel, rugby bly ’n spel met baie snaakse situasies, op en van die veld. Daar’s nie nóg ’n sport waaruit sóveel stories uit die skrum van die lewe gehaak word nie. Boots en Brannewyn vertel onder meer staaltjies van legendes soos Boy Louw, dok Craven, oubaas Mark en Colin Meads, en van breiers, keurders, koerantmanne en refs, sowel as die manewales van die Kiwi’s, Aussies en die Superses-manne. Van die beste stories het in die gewilde Losskrums en Loopdoppe-reeks deur dieselfde skrywers verskyn, maar hierdie publikasie is propvol nuwe staaltjies en grappe.
Boots en Brannewyn is ’n lekkerlag-boek vir alle rugbyliefhebbers, propvol kleurryke taal, slim sêgoed en weergalose Boerehumor. Die boek gee onder meer ’n besonderse blik op hoe die spelers van veral die voor-professionele era nog die spel van die veld af kon geniet, en is die ideale geskenk vir oud en jonk.

€7.68
Betalingsmethoden
Koop dit e-boek en ontvang er nog 1 GRATIS!
Taal Afrikaans ● Formaat PDF ● Pagina’s 192 ● ISBN 9781770221949 ● Uitgeverij Penguin Random House South Africa ● Gepubliceerd 2010 ● Downloadbare 6 keer ● Valuta EUR ● ID 5759818 ● Kopieerbeveiliging Adobe DRM
Vereist een DRM-compatibele e-boeklezer

Meer e-boeken van dezelfde auteur (s) / Editor

10.606 E-boeken in deze categorie