In minder as vyf jaar het Kobus Galloway se Idees Vol Vrees die grootste en suksesvolste Afrikaanse spotprentreeks ter wêreld geword. Hy het nou 190 000 aanhangers op Facebook, teenoor 80 000 ’n jaar gelede. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaardgaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n reusegunsteling onder Suid-Afrikaners. Idees Vol Vrees Volume 4 volg op die sukses van die eerste drie boeke en is ’n versameling van nog 150 tekenprente, waaronder die gewildstes en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes lok. As ’n bonus bevat die boek ook 50 van Kobus se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies wat jou lagspiere behoorlik sal prikkel.
Kobus Galloway
Idees Vol Vrees Volume 4 [PDF ebook]
Idees Vol Vrees Volume 4 [PDF ebook]
Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato PDF ● Páginas 160 ● ISBN 9781770227378 ● Editora Penguin Random House South Africa ● Publicado 2014 ● Carregável 3 vezes ● Moeda EUR ● ID 3380121 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM