Rudie Van Rensburg 
Judaskus [EPUB ebook] 

Apoio

Iemand se beendere word gevind op ’n stortingsterrein . . . Skielik moet kaptein Kassie Kasselman nuut dink oor moordsake van jare gelede, en die moorde kom vinnig opmekaar. Tussendeur die aantreklike nuwe buurvrou wat Kassie aan die swymel het, en sy enorme posseël-meevaller weens nóg ’n sterfte, moet hy uitwerk waarom ’n geheimsinnige witboordjie-bende van binne uitgeroei word. Is dit dalk nié doodgewone bende-oorlog soos Kassie se kollegas glo nie? Wie kan die verraaier in hul midde wees − die een met die vlymskerp broodmes? Elke warm leidraad lewer ’n koue lyk op, en Kassie en Rooi kan nie voorbly nie . . .

€14.99
Métodos de Pagamento

Sobre o autor

Rudie van Rensburg is in 1951 in Bloemfontein gebore. Hy begin sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad, waarna hy in 1982 medestigter en uitgewer van Bloemnuus word, en later redakteur van Die Ekonoom-saketydskrif. In 1987 verhuis hy Kaap toe en sluit hom by Sanlam se reklame-afdeling aan. In 2008 word sy komedie Die Begrafnis (onder die skuilnaam Phil Janse) by die KKNK bekroon met die Sanlamprys vir Afrikaanse Teater (beste dramaturg). Die stuk verskyn in boekvorm by Genugtig! Uitgewers. In 2009 verskyn ’n self-publikasie vir kleuters, Die Doempies van Tafelberg. Rudie skilder reeds die afgelope 25 jaar en van sy werke is opgeneem in versamelings in Suid-Afrika, die VSA, Duitsland, Brittanje en Australië. Hy is getroud met Lize en het drie kinders. Judaskus is sy derde roman, ná Slagyster en Kopskoot.

Compre este e-book e ganhe mais 1 GRÁTIS!
Língua Afrikaans ● Formato EPUB ● Páginas 336 ● ISBN 9780795800931 ● Tamanho do arquivo 0.6 MB ● Editora Queillerie ● Publicado 2015 ● Edição 1 ● Carregável 24 meses ● Moeda EUR ● ID 5205473 ● Proteção contra cópia Adobe DRM
Requer um leitor de ebook capaz de DRM

Mais ebooks do mesmo autor(es) / Editor

118.761 Ebooks nesta categoria