Tania du Toit 
Tolla van der Merwe: Konsert van die lewe [PDF ebook] 

Ủng hộ

Tien jaar na sy dood, word Tolla van der Merwe steeds onthou vir sy stories, sy unieke taal, sy humor in Afrikaans, maar meer dalk nog deur die wat hom geken het vir sy aardsheid, sy menslikheid, vir hoe hy ander op soveel vlakke aangeraak en onvoorwaardelik van homself gegee het. Maar wat het Tolla so spesiaal gemaak? Na amper vyf jaar se werk aan hierdie boek, voel die skrywer sy het nog nie die volle antwoord nie. ‘Ek bly verwonderd oor volwasse mans met wie ek onderhoude gevoer het wat vier, vyf jaar na Tolla se dood steeds oor hom gerou en openlik oor hom gehuil het.’ ’n Tekort aan feite oor Tolla is daar nie. Die vraag was hoe om sy storie te vertel. Hierdie boek wou enersyds nie net ’n loftuiting of ’n huldeblyk wees nie. En andersyds sou ’n blote opeenstapeling van feite, dalk met ’n sensasionele sousie hier en daar, ook nie reg aan Tolla laat geskied nie. Eerder is dit ’n beeld van Tolla gee soos hy was: van sy bitter en soet oomblikke, sy vreugde en pyn, verlies en liefde, sy hegte bande met sy plek en sy mense, sy swakhede en deugde, en uiteindelik sy pad met God: die volledige mens. Die draad wat regdeur sy lewe geloop het is die van Tolla die gewer, die een wat uitdeel – nie net tasbare goed nie, maar ook van homself, om die lewe ’n beter plek te maak.

€7.68
phương thức thanh toán
Mua cuốn sách điện tử này và nhận thêm 1 cuốn MIỄN PHÍ!
Ngôn ngữ Tiếng Nam Phi ● định dạng PDF ● Trang 282 ● ISBN 9780799347876 ● Nhà xuất bản LAPA Uitgewers ● Được phát hành 2010 ● Có thể tải xuống 3 lần ● Tiền tệ EUR ● TÔI 5205520 ● Sao chép bảo vệ Adobe DRM
Yêu cầu trình đọc ebook có khả năng DRM

Thêm sách điện tử từ cùng một tác giả / Biên tập viên

10.606 Ebooks trong thể loại này