“Die laaste een in die see is ’n bolletjie snot!” roep ouma Mollie.
Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net
ouma Mollie noem – die grootse moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai.
Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid.
Vandag is egter nie een van daardie dae nie. Dit begin toe ouma Mollie soos ’n
verdrinkende meermin in die bad lê. Gou laai sy vir Nina en Blapsie, die basterbrak,
in haar kar, Spokie. Hulle sit af see toe. Dis waar hulle in GROTER
moeilikheid beland, want ouma Mollie wil mos leer surf. En sy wil die dolfyne
voer. En …
Nee, wag, jy moet maar self lees wat TOE gebeur.
Ai, as ouma Mollie net geluister het toe Simon Jantjies vir haar waarsku dat daar
’n HAAI in die water is.
Oepsie! Die arme haai …
Fanie Viljoen
Ouma Mollie en die mensvreter [EPUB ebook]
Ouma Mollie en die mensvreter [EPUB ebook]
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 EPUB ● 网页 72 ● ISBN 9780639602295 ● 出版者 LAPA Publishers ● 发布时间 2021 ● 下载 3 时 ● 货币 EUR ● ID 8045004 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器