Kobus Galloway 
Idees Vol Vrees Volume 2 [PDF ebook] 

支持

Kobus Galloway se Idees Vol Vrees-tekenprente is nou nóg meer bekend as wat dit ’n jaar gelede was: sy aanhangers op Facebook het verdubbel tot meer as 50?000, en die eerste IVV-boek was ’n enorme sukses. Hierdie ongewone, spitsvondige en grappige Afrikaanse tekenprente, wat gewoonlik gepaard gaan met dubbelsinnige eenreël-woordspelings, is ’n groot gunsteling onder Suid-Afrikaners. Wonderlik vir die klaskamer, om braaipraatjies aan die gang te kry of selfs die koffietafel!
Idees Vol Vrees Volume 2 bevat meer as 150 tekenprente, waaronder die gewildstes (dié waarvan Facebook-gebruikers die meeste hou), en meer as 100 nuwe tekenprente wat nog nêrens anders verskyn het nie. Dit is ’n moet-hê vir die tienduisende bestaande bewonderaars, en sal ongetwyfeld ’n hele klomp nuwes lok. As ’n bonus het ons ook 50 van Kobus se oorspronklike eenreël-woordspelinggrappies by IVV Volume 2 ingesluit wat jou sal laat skaterlag en vra na meer.

€5.13
支付方式
购买此电子书可免费获赠一本!
语言 南非荷兰语 ● 格式 PDF ● 网页 162 ● ISBN 9781770225121 ● 出版者 Penguin Random House South Africa ● 发布时间 2012 ● 下载 6 时 ● 货币 EUR ● ID 2575732 ● 复制保护 Adobe DRM
需要具备DRM功能的电子书阅读器

来自同一作者的更多电子书 / 编辑

10,606 此类电子书