Amelia Strydom 
Ridder in ‘n wit jas [EPUB ebook] 

Support

Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”. Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef. Dodelik aantreklike dokter Eben Greyling was ’n manlike kollega te wagte en wil absoluut nié ’n vrou daar hê nie. Boonop kom daar ’n onwelkome oproep van die fertiliteitskliniek waar Carli voor die ongeluk as surrogaat wou optree vir haar suster. Sy móét hierdie werk behou, en teen sy beterwete bied Eben ’n proeftydperk aan. Sal Carli die skanse rondom sy hart afbreek en haarself onmisbaar maak – in sy kliniek én sy lewe? Of gaan haar geheim ’n wig tussen hulle indryf?

€4.99
payment methods

About the author

Amelia Strydom (’n skuilnaam) het in Gauteng grootgeword in ’n huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Sy het haar honneursgraad in godsdienswetenskap behaal en vir twee jaar daarin doseer. In 2008 het sy by ’n geboorte-eenheid begin werk, waar sy as doula (geboortebegeleier) eerstehands wonderwerke aanskou. Amelia en die liefde van haar lewe woon in ’n huis wat wemel van kinders, diere en boeke.

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624067146 ● File size 0.3 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2014 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4534650 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

294,217 Ebooks in this category