Anita du Preez 
Letitia en die lektor [EPUB ebook] 

Support

Letitia le Roux vererg haar bloedig toe sy sien hoe Chris Swart, die nuwe lektor by die kollege waar sy werk, een van haar studente se pogings as ’n voorbeeld van swak ontwerp aan sy klas voorhou. Die arrogante vent moet hom by sy digitale vakke bepaal en die tradisionele dissiplines soos skilder en teken vir háár los! Laatnag begin Chris vir haar boodskappe stuur en Letitia besef meneer Spiertier is alleen en slapeloos, nes sy . . . Sy wonder oor die verlede wat by hom spook. Wie is Mariah, die naam wat op sy arm getatoeëer is? Letitia het haar eie lysie van dinge wat sy wil doen om haar lewe weer op koers te kry ná haar egskeiding; sy het nie tyd om te probeer uitwerk wat in Chris se kop aangaan nie. Maar ná hy haar asem in die kollege se hysbak wegsoen, kan sy nie sy gesig, met die sexy litteken op sy bolip, uit haar gedagtes kry nie.

€4.99
payment methods

About the author

Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy is ’n ma van drie, woon in Kaapstad en is ’n beeldhouer en lektrise in die visuele kunste (CTI, Durbanville- en Claremont-kampusse).

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624076056 ● File size 0.3 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2016 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5505996 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

775,448 Ebooks in this category