Die wêreld is nie vir Liefka Naudé ʼn vriendelike plek nie. Haar uitdagende werk as bemarkingsbestuurder by ’n suksesvolle maatskappy gee darem betekenis aan haar lewe. Maar wanneer haar baas haar seksueel teister, bedank sy. Om weer balans te vind, besluit sy om ’n lewensverrykingskursus op ʼn klein Vrystaatse dorpie, Garsveld, by te woon. ’n Vreemde sameloop van omstandighede veroorsaak dat sy nog ʼn paar dae aanbly. En dan begin die poppe dans. Sy leer ken Sonnies, die gawe bouer. En Thoso wat eiehandig ʼn versorgingsplek vir vigswesies aan die gang hou. Faure, die man met die kostelike taalgebruik wat die kursus aangebied het, word ʼn hegte vriend. Maar dis Mpho, ʼn pasgebore weggooibaba, wat Liefka se lewe verander.Geleidelik leer sy haarself beter ken. Maar net toe die liefde behoorlik vlamvat, bederf ’n ongewone kwaal die pret. Algaande begin haar ontluikende verhouding kwyn onder die druk . . .
Annemari Coetser
Aan die windkant [EPUB ebook]
Aan die windkant [EPUB ebook]
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624051305 ● File size 0.4 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2011 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 2487250 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader