Anita du Preez 
Hermien en die hartedief [EPUB ebook] 

الدعم

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar nie.
Sy wat Hermien is, het ’n baie gawe kêrel en haar eie, suksesvolle besigheid. Jamie is net in die pad, veral toe hy aandring om ’n paar dae by haar te bly om te skuil van sy nuutste porsie gebakte pere. En tog . . . Hy’s Jamie . . .
Hermien se sake loop vreeslik deurmekaar. Sy en Jamie beland in die bed op ’n manier wat haar laat duisel, die saai maar goeie Wynand vra haar om te trou, daar’s ’n onverwagse swangerskap en les bes ’n verwarde vakansie in Italië. Deurentyd worstel Hermien met haar demone: Sy glo sy’s te mollig en sy kan geen man vertrou nie, allermins die player Jamie, weens haar pa se kaperjolle en haar ma se gebroke hart.
Jamie moet alles uithaal om haar te wys dat hulle twee saam álles kan hê, maar eers moet hy én Hermien albei ’n groot stuk grootword aanpak.

€5.49
طرق الدفع

عن المؤلف

Anita is gebore in Port Elizabeth. Sy het in die visuele kunste studeer en aan UNISA haar BA Honneurs- en Magistergrade verwerf, albei cum laude. Sy is ’n ma van drie, woon in Kaapstad en is ’n beeldhouer en lektrise in die visuele kunste (CTI, Durbanville- en Claremont-kampusse).

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 224 ● ISBN 9780624063681 ● حجم الملف 0.8 MB ● الناشر Tafelberg ● نشرت 2013 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4534362 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

790٬777 كتب إلكترونية في هذه الفئة