Antjie Krog 
Mede-wete [EPUB ebook] 

الدعم

Antjie Krog se digterskap het begin met verset teen taal en gesag wat meer was as jeugdige rebelsheid – dit was ’n begeerte om die taal sélf los te maak van beperkinge. Kwessies rondom gewete, geheue en taal word nou, in haar eerste digbundel in agt jaar, tot ’n nuwe intensiteit gevoer. Uit dié gedigte blyk ’n diep verknogtheid aan haar geboortegrond en ’n volgehoue betrokkenheid by die land se komplekse geskiedenis. Te midde van verse waaruit ’n woede oor sosiale ongeregtighede spreek, is daar ook treffende familieverse, verse oor die generasies vorentoe en terug, waarin die gesprekke opklink wat ons elke dag om ons hoor. Ook verse oor afskeid, waarvan die huldigingsvers vir Mandela ’n hoogtepunt is. Maar dit is verál weens die ontwrigting van taal – juis om nuwe betekenis te skep – dat Antjie Krog ’n opwindende digbundel lewer. Ook in Engels as Synapse verkrygbaar.

€11.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Antjie Krog was agttien toe haar eerste digbundel, Dogter van Jefta, in 1970 verskyn het. Haar tweede bundel, Januarie-suite, is met die Eugène Marais-prys bekroon en Jerusalemgangers is in 1987 met die Rapportprys bekroon. In 1990 ontvang sy vir Lady Anne die Hertzogprys vir poësie. Krog het ook as joernalis en prosaskrywer naam gemaak. Country of My Skull (1998), haar verslag oor die Waarheids-en-versoeningskommissie, ontvang verskeie pryse: die Booksellers’ Choice-toekenning, die Hirosjima-stigting se toekenning vir vrede en kultuur, die Alan Paton-toekenning vir niefiksie en die Olive Schreiner-prys. Dit is ook verwerk tot ’n film. Kleur kom nooit alleen nie is in 2001 met die eerste RAU-prys (UJ-prys) vir skeppende skryfwerk bekroon. Die sterre sê “tsau” (2004) het verskyn op die kortlys van die M-Net-prys vir poësie. Antjie Krog is sedert 2004 ’n buitengewone professor in lettere en wysbegeerte aan die Universiteit van Wes-Kaapland.

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 128 ● ISBN 9780798167888 ● حجم الملف 0.4 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2014 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4762773 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

115٬294 كتب إلكترونية في هذه الفئة