Die geslagte vroue se wel en wee is veweef in dié verhaal van hoop waar hoop soms wil beskaam. Dit is dié vroue, en ’n hele gemeenskap in die Overberg, se verhaal. Daar is Lilly, met die voorkindjie, en die pastoor wat sy oog op haar het. Sy probeer ’n skuiling vir die dakloses oprig, maar teen groot weerstand in. En haar ma, Frieda Daniels: ’n raakvatter, voorvrou by die appelfabriek, by die gebedsgroep en met liefdadigheid. Maar sy het blou kolle op haar, en gekraakte ribbes. Frieda is ? sterk vrou, maar hiervoor meet sy verskonings uitdink. Frieda se grootmaak-ma, Antie Miena, moet magteloos toekyk, maar net tot op ’n punt. Een nag tree sy op, sy wat Frieda se beskermengel is, sonder om die gevolge te ontsien. Troos vir die gebrokenes gee ’n sondelinge binnekyk op ’n plattelandse bruin gemeenskap en die onvergeetlike karakters wat ten spyte van alles die lewe vol in die oë kyk.
Bettina Wyngaard
Troos vir die gebrokenes [EPUB ebook]
Troos vir die gebrokenes [EPUB ebook]
قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 224 ● ISBN 9781415204429 ● الناشر Penguin Random House South Africa ● نشرت 2011 ● للتحميل 6 مرات ● دقة EUR ● هوية شخصية 5695471 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM