Chris Karsten 
Die verdwyning van Billy Katz [EPUB ebook] 

الدعم

Moordspeurder Ella Neser is terug. Erg hees en met ’n bewing in haar hande wat sy nie vir kolonel Silas Sauls kan wegsteek nie. Maar sy is verbete om haar ou self te herwin. Wanneer sy aangesê word om die spoor te vat van vier geamputeerde voete, ontmoet sy die onkonvensionele oud-speurder Lou Pepler, wat twee dekades gelede die verdwyning van Billy Katz moes probeer oplos. Wat het ’n begrafnisondernemer gemeen met Billy se verdwyning soveel jaar gelede? En is stink Attie regtig verantwoordelik vir die vier linkervoete wat in ’n Checkers-sak in die Botaniese Tuin gevind is? Lou is bereid om Ella met haar voetesaak te help. Maar, soos sy alte goed weet, is niks in die lewe verniet nie . . . En aantreklike Lou Pepler, met ’n voorliefde vir beetsap en sampioene (nie net die gewone eetbare soort nie), is ook ’n man vol geheime.

€15.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Chris Karsten is ’n bekroonde skrywer en voormalige joernalis wat deesdae in Kanada woon. Karsten het die ATKV-prosaprys vir Frats (2008) gewen, die ATKV-prys vir spanningslektuur vir Seisoen van sonde (2010) en albei ATKV-pryse vir Abel se ontwaking (2011). ’n Man van min belang (2013) was naaswenner in die Groot Afrikaanse Romanwedstryd en wenner van die ATKV-prosaprys. Die respektabele meneer Hartslief het in 2014 verskyn.

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 416 ● ISBN 9780798171083 ● حجم الملف 2.1 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2015 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4754124 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

790٬777 كتب إلكترونية في هذه الفئة