Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie daaragter steek. Sy is paraat en het ’n rugsak vol wapens en planne. Maar onverwagte vriendskappe, onverwagte ontdekkings en onverwagte gevoelens laat haar als bevraagteken wat sy gedink het sy weet. Wat is waar, en wat is net in haar kop?
قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 184 ● ISBN 9780637000888 ● الناشر LAPA Publishers ● نشرت 2023 ● للتحميل 3 مرات ● دقة EUR ● هوية شخصية 8819995 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM