Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy familie hul rykdom verloor. Hy sluit by ’n togryer aan op pad na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Sara, vermom as ’n touleier, reis saam op soek na die merk van haar voormense. Maar wanneer hulle by die geheimsinnige tolhuis in Ceres gestrand raak, kom hulle ’n donker wese in die berge tee en ontdek dat hulle nog altyd bestem is om die skrikbewind van die Verdwaalding stop te sit . . .
عن المؤلف
Troula Goosen droom sedert haar kinderjare daarvan om te skryf. Na vele besige jare as binneversierder op Riversdal het sy in 2008 ’n aanlyn-skryfkursus voltooi en skryf sedertdien kortverhale en novelles vir opvoedkundige uitgewers. In 2016 is Spooksoene, haar eerste vollengte jeugverhaal, met ‘n ATKV-Woordveertjie bekroon. Sy woon in Bettysbaai.