Wilma Stockenström 
Hierdie mens [EPUB ebook] 

الدعم

Sedert Spesmase in 1999, is Hierdie mens Wilma Stockenström se eerste digbundel in 14 jaar. Die toonaard is verfrissend speels en lig, die verse meesal kort en gestroop tot die essensie. Dis toeganklike verse, gekenmerk deur ’n ironiese inslag, en fokus op momentopnames tipies van die later lewe. Die bundel staan dan ook in die teken van afskeid neem, en ‘n sterk bewussyn van die onvermydelike naderkom van die einde van die lewe. Met so ‘n gelade onderwerp soos die dood word daar speels omgegaan. Daar is ‘n duidelike opmerksaamheid oor die proses van ouer word, van swakker word, maar daar is geen swaarwigtigheid, geen tranerigheid. Alles staan eerder in die teken van ’n ironiese self-beskouing, ’n beleë aanvaarding van die onontkombaarheid van die slopingsproses. “’n Sterk versameling van laatwerkverse, gefokus op die natuur en in ’n vroulike teneur, van een van die meesterdigters in Afrikaans.” – Helize van Vuuren

€9.99
طرق الدفع

عن المؤلف

Wilma Stockenström het 5 romans, 7 digbundels en een drama die lig laat sien. Sy het die Hertzogprys in 1977 ontvang vir haar digbundel Van vergetelheid en van glans en weer in 1992 vir haar roman, Abjater wat so lag. Die kremetartekspedisie wat in 1981 verskyn het, is egter haar bekendste roman. Ná J.M. Coetzee se vertaling in Engels, gepubliseer in Engeland, word dit ook vertaal in Frans, Nederlands, Duits, Italiaans en Hebreeus, en binnekort verskyn dit in Turks. In 1988 is die Italiaanse vertaling met die Grinzane Cavour-prys bekroon. Sy het ook ’n suksesvolle loopbaan as aktrise op die verhoog en in films gehad. Sy woon sedert 1993 in Kaapstad.

قم بشراء هذا الكتاب الإلكتروني واحصل على كتاب آخر مجانًا!
لغة الأفريكانية ● شكل EPUB ● صفحات 52 ● ISBN 9780798163743 ● حجم الملف 0.4 MB ● الناشر Human & Rousseau ● نشرت 2013 ● الإصدار 1 ● للتحميل 24 الشهور ● دقة EUR ● هوية شخصية 4762695 ● حماية النسخ Adobe DRM
يتطلب قارئ الكتاب الاليكتروني قادرة DRM

المزيد من الكتب الإلكترونية من نفس المؤلف (المؤلفين) / محرر

113٬082 كتب إلكترونية في هذه الفئة