Bettie Naudé 
Saartjie Omnibus 5 [EPUB ebook] 

Support

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Saartjie-stories bevat, word Saartjie Baumann, die langbeenmeisie met die wipneus, kuiltjies in die wange en duisende duiweltjies in haar oë, se avonture voortgesit.
In Saartjie se dapper daad het Saartjie se ouer broer, Kris, groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Saartjie kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan om hom op sy plek te sit.
In Saartjie se piekniek beland Apie se rugbybal in die kwaai oom Kerneels se perskeboord. Saartjie probeer help, maar veroorsaak in die proses nóg groter moeilikheid. Hulle kort geld om skadevergoeding te betaal en Saartjie reël ’n piekniek waarvoor Lynnekom se kinders moet opdok.
In Saartjie se prys lees Saartjie van kinders wat ’n vriendelikheidsveldtog geloods en almal om hulle se lewens verander het. Wanneer sy haar vriendinne ompraat om saam met haar die toonbeeld van vriendelikheid en goeie maniere te wees, vermoed almal onraad, veral die seuns.
Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word.

€8.49
payment methods

About the author

Bettie Naudé (die skrywersnaam van Topsy Smith) se karakter Saartjie is al jare lank gewild onder jong Afrikaanse lesers. Smith is een van die suksesvolste jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie- en Saartjie-reekse het ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 416 ● ISBN 9780798174589 ● File size 0.7 MB ● Age 17-12 years ● Publisher Human & Rousseau ● Published 2016 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 5053533 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

58,181 Ebooks in this category