Charmé Kriel 
Twee kinders later [EPUB ebook] 
‘n Ma se storie van liefde, lag, geloof en wonderwerke

Support

“Ek het iewers gehoor as jy jou storie kan vertel sonder om te huil, is jou hart weer heel. My reis na ma-word was nie vir my maklik nie. Inteendeel, die eerste jaar was waarskynlik die moeilikste tyd van my lewe. As ek nou terugkyk, was dit vol seëninge en eintlik die wonderlikste reis ooit …” Charmé Kriel was ’n doodgewone jonggetroude vrou van Vishoek, swanger met haar eersteling, toe sy op 27 weke ontstellende nuus kry. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore, en Charmé se lewe verander handomkeer. Twee kinders later is nie net die verhaal van een ma wat diep in haar eie hart moes delf om hoop te vind en heel te word nie, maar ook ’n empatiese, realistiese en humoristiese kykie na vrou- en ma-wees. Dié lekkerleesboek is gebaseer op Charmé se gewilde gelyknamige blog wat haar lesers ure se leesplesier besorg het. Twee kinders later sal jou laat lag en laat huil.

€9.99
payment methods

About the author

Charmé Kriel is ‘n voltydse Afrikaanse onderwyseres by die Hoërskool Vishoek. Sy het in die Strand grootgeword en haar BA graad in Geesteswetenskap asook haar Nagraadse Diploma in Onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is getroud en bly saam met haar man en twee kinders in Simonstad.

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 192 ● ISBN 9780796321848 ● File size 1.8 MB ● Publisher Lux Verbi ● Published 2019 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 7136474 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

138,844 Ebooks in this category