Niemand spreek haar as Nicola de Wee aan nie. Vir Blackie, die kollega in wie se plek sy telkens bevorder word, is sy “ounooi”; vir Peters, wat onredbaar beenaf op haar is, is sy “kaptein”; haar priestervriendin Sally noem haar “Nic”. Dis net die Khayelitsha-stasiebevelvoerder vir wie sy “kaptein De Wee” heet.
Die nag toe hulle na ’n brandende voertuig uitgeroep word, kon kaptein De Wee nie droom dat dit Thandi se motor is nie, dat sy later haar grusaam verminkte lyk sou moes uitken, en watter verreikende uitwerking die moord op haar vriendekring sou hê nie. Allermins dat sy uiteindelik die ondersoek na die moord sou moes lei.
Maar om die agt moordenaars op te spoor en hul motief te ontrafel, is nie die enigste uitdaging waarvoor Nicci in hierdie ongewoon verweefde misdaadroman staan nie. Sy het self ’n geheim wat sy slim verdoesel. Tot die aand dat sy en Blackie en Peters ’n potjie maak.
Bettina Wyngaard
Vuilspel [PDF ebook]
Vuilspel [PDF ebook]
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format PDF ● Seiten 176 ● ISBN 9781415205334 ● Verlag Penguin Random House South Africa ● Erscheinungsjahr 2013 ● herunterladbar 6 mal ● Währung EUR ● ID 2627698 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie