Dirna Ackermann 
Reënboog in die sand [EPUB ebook] 

Support

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor het groot planne vir Sanita se rustige kusdorpie en hul bouery gaan haar besigheid lelik knou. En watter Develcor-indoena is daarheen gestuur om met Sanita te onderhandel? Einste Fourie Burger wat sy destyds so onwillig moes agterlaat, einste Fourie wat nog al die jare niks weet van hul kind nie . . . Nou is Fourie hier, in haar gastehuis, en hul tienerjare se vonke is nog geensins geblus nie. Maar hoe gaan die twee mekaar weer vind en verby die lang jare se verswyging kom, tussendeur die hele Develcor-drama, Hanko se weerbarstige-tienerprobleme en Fourie se skok oor die onverwagse nuus dat hy iewers ’n mondige seun het?

€4.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Dirna Ackermann het in 2000 op die ouderdom van vyftig vir die eerste keer begin skryf. Die jaar daarna het haar eerste liefdesverhaal verskyn. Sy is versot op die lees van liefdesverhale en sy glo in hul helende krag. Dirna is getroud en het twee volwasse seuns. Sy bly in Brackenfell.

Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 224 ● ISBN 9780624070962 ● Dateigröße 0.4 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2014 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4534971 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

773.871 Ebooks in dieser Kategorie