Ettie Bierman 
Die snip van Sesdorings [EPUB ebook] 

Support
Toe ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aankom om besit van haar erfenis te neem, begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen haar oupa en die Meirings op die buurplaas… en ook dat die spul Meirings haar oupa behoorlik laat les opsê het. En wat kon hy, ʼn arme ou man, doen om hom te laat geld? Natuurlik moes hy maar af en toe op sy eie manier vir hulle wys hoe die vurk in die hef steek. Nie alleen wou Hennie van haar erfenis ʼn klinkende sukses maak nie, maar ook wou sy die onreg teenoor haar arme, weerlose oupa uitwis. Aanvanklik slaag sy in haar doel – maar dit is voordat die sjarmante Donnie Meiring op die toneel verskyn en die strydbyl begrawe. En veral voordat sy ouer broer, Carl, wat niks met enigiemand wat ʼn rok dra te doen wil hê nie, sy ware kleure wys.
€4.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

Ettie Bierman is ʼn alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van Kwa Zulu-Natal, waar sy ná ʼn stilte van ses “sabbatsjare” weer volstoom aan die skryf is.
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 193 ● ISBN 9780624072430 ● Dateigröße 0.3 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2014 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4535085 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

760.838 Ebooks in dieser Kategorie