Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die Kwa Zulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar spoedig begin dinge krap. Deneys Vermeulen wil Carmia glad nie op sy plaas hê nie. En Tasha, wulpse buurdogter en bekende perderuiter, wil Deneys tot elke prys aankeer. Carmia self moet ook kliphard teen haar wederstrewige hart baklei – totdat Deneys haar van die landgoed af wegjaag . . .
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 224 ● ISBN 9780624050506 ● Dateigröße 0.3 MB ● Verlag Tafelberg ● Erscheinungsjahr 2011 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 2488054 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie