John Miles 
Op ’n dag, ’n hond [EPUB ebook] 

Support

Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig . . . Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas ’n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In ’n klein tuinwoonstelletjie sit en luister ’n oudonderwyser een stormagtige aand na ’n vrou wat met heimwee sing van ’n rivier in ’n ander land, van die verlies van ’n vaderland, en van ’n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag . . . Dat die verlede ’n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het. Op ’n dag, ’n hond is ’n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik ’n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is ’n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.

€14.99
Zahlungsmethoden

Über den Autor

John Miles word beskou as een van die grootste skrywers in Afrikaans. Hy was o.m. ’n stigterslid van die onafhanklike uitgewery Taurus. Hy is veral bekend vir sy bekroonde roman Kroniek uit die doofpot. Sy mees onlangse romans sluit in Die Buiteveld en Voetstoots. Miles woon op ’n plaas buitekant Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.

Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● Seiten 256 ● ISBN 9780798174336 ● Dateigröße 0.5 MB ● Verlag Human & Rousseau ● Erscheinungsjahr 2016 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 5454989 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie

Ebooks vom selben Autor / Herausgeber

769.864 Ebooks in dieser Kategorie