“Dit is onder Sarah se dak wat ek geleer het hoe om te lewe en waar sy ons sou leer hoe om te sterf. Onder daardie dak het ek die waarde daarvan geleer om onbaatsugtig te gee en hoe belangrik persoonlike dissipline is. Sarah het nie net gesê nie; sy het gewys.”Lied vir Sarah bring hulde aan Jonathan Jansen se ma, en aan alle ma’s wat onder moelike omstandighede gesinne grootmaak en gemeenskappe bou. Jansen bied hierdie deerniswekkende huldeblyk aan om deurleefde stereotipes van Kaapse Vlaktema’s te weerspreek.Soos hy haar lewe naspeur vanaf die vreedsame dorpie Montagu, en die gevolge van apartheid se gedwonge verskuiwings wat die gesin na ’n klein huis in die lokasie verplaas het, tot eindelik na die Kaapse Vlakte, wys Jansen hoe sterk vroue nie alleen daarin geslaag het om hulle gesinne bymekaar te hou nie, maar ook om hulle met integriteit groot te maak.Met sy kenmerkende fynsinnigheid, humor en eerlikheid, volg Jansen sy ma se lewe as ’n jong verpleegster en ma van vyf, en wys hy hoe sy haar verlede verwerk, haar huis ingerig, sin van die politiek gemaak, liefde bestuur en kernwaardes gekommunikeer het – hoe sy haar lewe geleef het. Om sy eie herinneringe te balanseer, het Jansen hom op sy suster, Naomi, beroep om haar eie insigte en herinneringe weer te gee en so spesiale waarde tot hierdie aangrypende persoonlike memoires toe te voeg.
Jonathan Jansen
Lied vir Sarah [EPUB ebook]
Lesse van my Ma
Lied vir Sarah [EPUB ebook]
Lesse van my Ma
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format EPUB ● ISBN 9781928257325 ● Verlag Bookstorm ● Erscheinungsjahr 2017 ● herunterladbar 3 mal ● Währung EUR ● ID 6764997 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie