Piekfyn Afrikaans se leerderboek en onderwysersgids is saamgestel volgens die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring vir Graad 6 Eerste Addisionele Taal. Hierdie onderwysersgids ondersteun die onderwyser se onderrigtaak deur
• te fokus op kommunikatiewe en teksgebaseerde benaderings wat onderrig en leer funksioneel en kreatief in die klaskamer laat plaasvind
• gepaste inhoud en kontekste, en ’n wye verskeidenheid tekssoorte aan te bied volgens eietydse temas wat verband hou met die doelwitte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring, en integrering oor die kurrikulum heen spontaan te bewerkstelling • ’n bruikbare onderrig-, leer- en assesseringsplan vir elke module, asook riglyne vir lesbeplanning en klaskamerpraktyk te voorsien
• ’n omvattende formele assesseringsprogram vir die graad, asook verskeie metodes en instrumente vir daaglikse assessering te voorsien
• beplanning en verslaghouding te vergemaklik deur die taalvaardighede en prosesse by elke aktiwiteit aan te toon
• ’n volledige antwoordsleutel vir elke module te voorsien, asook riglyne, wenke en prosedures vir leeraktiwiteite.
Ons weet die Piekfyn Afrikaans-reeks gaan die onderwyser sommer weer lus maak om skool te hou!
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Kontak die Uitgewer indien u die CD-hulpbron benodig.
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Eerste Addisionele Taal Onderwysersgids [PDF ebook]
Dieses Ebook kaufen – und ein weitere GRATIS erhalten!
Sprache Afrikaans ● Format PDF ● Seiten 316 ● ISBN 9781775896814 ● Dateigröße 3.0 MB ● Alter 17-12 Jahre ● Verlag Best Books ● Erscheinungsjahr 2014 ● Ausgabe 1 ● herunterladbar 24 Monate ● Währung EUR ● ID 4757901 ● Kopierschutz Adobe DRM
erfordert DRM-fähige Lesetechnologie