Deon Meyer 
Infanta [EPUB ebook] 

Support

“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.” “Hallo, Bennie, ” sê die twee en dertig stemme in ’n blymoedige koor. “Ek het gisteraand ’n bottel Jack Daniel’s uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughê.” Terwyl hy die desperate vasberadenheid in sy eie stem hoor, begin iemand hande klap en dan dawer dit in die afgeleefde kerksaaltjie. Maar om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinders met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek. En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar kind, die haat van die Sangrenegra-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.

€15.99
payment methods

About the author

Deon Meyer, ’n oud-joernalis en reklameman, is ook bekend as internet-strateeg. Deesdae is hy voltyds skrywer en hy woon op Stellenbosch. Sy publikasies sluit in tien romans (Wie met vuur speel, 1994, Feniks, 1996, Orion, 2000, Proteus, 2002, Infanta, 2004, Onsigbaar, 2007, 13 Uur, 2008, Spoor, 2010, 7 Dae, 2011, en Kobra, 2013). Drie daarvan – Orion, Proteus en Infanta – is met die ATKV-prosaprys bekroon, terwyl hy in 2008, 2009, 2012 en 2014 die ATKV se Prys vir Spanningslektuur ontvang het vir, onderskeidelik, Onsigbaar, 13 Uur, 7 Dae en Kobra.

Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 480 ● ISBN 9780798169509 ● File size 0.7 MB ● Publisher Human & Rousseau ● Published 2014 ● Edition 2 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4743300 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

119,678 Ebooks in this category