Dirna Ackermann 
Haar beste bruidegom [EPUB ebook] 

Support
Annemé het voor De Wet se oë grootgeword. Eens was sy bloot die skattige nuwe buurdogtertjie, veel jonger as hy, maar met die jare het sy gevoelens vir haar verdiep. Nou is Annemé ’n volwasse vrou . . .
’n Volwasse vrou wat wil trou. Haar eie huislike omstandighede – met dikwels afwesige, koel ouers en sonder broers of susters – was nie wat sy as kind wou hê nie, en sy’s nou meer as gereed om haar eie gesin te begin. Tot dusver het sy self maar vrot gekies onder die manne, en wie beter om vir haar ’n gawe bruidegom te vind as haar ou-ou vriend, haar amper-ouboet, De Wet? Onder sy pelle moet daar mos ’n goeie kandidaat wees, en Annemé weet presies watter een sy eerste op die proef wil stel.
Wanneer De Wet besef dat Annemé ernstig is, moet hy alles uithaal om te keer. Hy’t al foute gemaak, en Annemé ook – daar is mislukte verlowings en egskeidings in hul onderskeie verledes – maar as sy darem met dáárdie vent deurmekaar moet raak, sal dit haar grootste fout nóg wees. Nee, De Wet kan dink aan ’n beter bruidegom vir Annemé…
€4.99
payment methods

About the author

Dirna het in 2000 op die ouderdom van vyftig vir die eerste keer begin skryf. Die jaar daarna het haar eerste liefdesverhaal verskyn. Self is sy versot op die lees van liefdesverhale en sy glo in hul helende krag.
Dirna is getroud en het twee volwasse seuns. Sy bly in Brackenfell.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 219 ● ISBN 9780624064992 ● File size 0.4 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2013 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4534485 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

299,593 Ebooks in this category

No results