Elza Rademeyer 
‘n Stukkie van jou hart [EPUB ebook] 

Support
Dokter Lara Strydom is aanvanklik verslae wanneer sy sien hoe klein Darlingsdrift is, maar haar boesemvriendin Riekie is sterwend en het haar gevra om met haar en Janus se praktyk te kom help. Kort voor lank is sy egter glad nie meer so seker dat sy wil teruggaan stad toe nie, want die dorpie en sy mense begin al hoe meer in haar hart kruip. Veral wanneer sy die aantreklike Paul Sauerman met sy gitswart hare en sy kruppel been beter leer ken. Maar Paul dra ’n bitterheid in hom wat hulle albei se geluk op die spel plaas. Waarom sien hy nog steeds die beeldskone Jessica, die vrou wat hom kort ná sy ongeluk vir sy broer verruil het?
€4.99
payment methods

About the author

Elza Rademeyer het haar die afgelope dekade bewys as ’n baie gewilde liefdesverhaalskrywer. Van haar mees bekende titels sluit in Mallemeule van die liefde; Op arendsvlerke; Verlief en verlore op Marion en Die onwillige bruid.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624066484 ● File size 0.5 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2013 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4534599 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

299,593 Ebooks in this category