Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag. Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat ’n leeu uitoorlê het. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde – en geloof.
Sobre el autor
Dana Snyman is ’n bekroonde skrywer met ’n rits topverkopers agter sy naam. Sy eerste TV-reeks, Op pad met Dana, het verskeie seisoene beleef. Hy het meer as 63 000 volgelinge op Facebook, waar hy van sy stories deel, dikwels met oorweldigende reaksie van lesers. Sy nuwe reeks, Grondpad-geloof, word vanaf Julie 2023 op Kyk NET uitgesaai.