Madelie Human 
Wanneer passie blom [EPUB ebook] 

Soporte

Dís nou nie wat Janie in gedagte gehad het met haar bedelbriefies aan Kupido nie! Sy’t dan so mooi gevra: Net ’n gewone man, seblief. Hy hoef glad nie so danig aantreklik te wees nie. Sy’t nié gevra vir Ryno Bruwer nie: Gans en al te mooi vir ’n mens, ongeskik en seksisties daarby, en om alles te kroon die nuwe eienaar van háár familieplaas Bloemendal, en dus in staat om haar en Thea uit hul blomwinkeltjie op die plaas te skop! The Daisy Chain is Janie se lewe, dít en haar orgideë – en nou moet hulle geepad van die plaas af en sal hulle nooit weer ’n bekostigbare perseel vind nie.
Sy behoort die man nooit te vergewe nie . . . Maar hier gaan sy dan nou op ’n afspraak saam met hom! Hulle kan nie ophou stry nie, en tog . . . Hy’s nog meer van ’n orgideë-liefhebber as Janie . . . en daardie oë! Wanneer Ryno haar die eerste keer soen, weet Janie hier’s groot moles. Want wat sy voel en wat sy wéét – Ryno is die allerlaaste man vir haar – klop net nie. Wat is hier aan die blom: ’n eendagmooi bloeiseltjie of ’n langlewe-orgidee?

€4.99
Métodos de pago

Sobre el autor

Madelie was nog altyd verlief op die liefde. Sy verslind daagliks liefdesverhale en geniet elke oomblik van voor haar rekenaar sit en planne beraam om die paartjies in haar boeke aan die stry (darem ook aan die vry!) te hou. In haar eie lewe skram sy weg van wroeging en sy verkies om romantiese komedie te skryf.
Haar man is haar held wat nie omgee om die kospotte dop te hou terwyl sy skryf nie. Hulle woon in die Bosveld waar hulle saans die mooiste sonsondergange van hul kuierstoep af kan sien.

¡Compre este libro electrónico y obtenga 1 más GRATIS!
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 224 ● ISBN 9780624067986 ● Tamaño de archivo 0.3 MB ● Editorial Tafelberg ● Publicado 2014 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4534680 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

Más ebooks del mismo autor / Editor

294.217 Ebooks en esta categoría