Piekfyn Afrikaans Huistaal Leerdersboek Graad 10 [EPUB ebook] 

Soporte

Piekfyn Afrikaans Graad 10 bevat interessante en kontemporêre leerstof vir jou as leerder van Afrikaans Huistaal. Boonop word taalinhoud met dié van verskeie ander vakke geïntegreer wat jou ervaringswêreld sal verryk en jou deeglik vir Graad 11 sal voorberei.
Die wye verskeidenheid interaktiewe aktiwiteite sorg vir die inoefening en vaslegging van al die taalvaardighede. Afdelings soos Pitkos, In ’n neutedop en die piekfyn Indeks gaan jou voorberei vir enige soort assessering seepglad laat verloop. Jy gaan verder ook
• vir begrip en pure genot liplekker tekste lees
• in verskillende sosiale situasies seepglad kommunikeer
• verskeie visuele tekste verstaan en verduidelik
• vlot en ekspressief praat en toesprake lewer
• noukeurig en krities na taalgebruik luister, en taalstrukture deeglik en foutloos gebruik
• heelwat transaksionele en kreatiewe tekste beplan en skryf.
Maar dit is nie al nie. . . Hou jy van fliek of om na ’n boeiende of grapperige sepie te kyk? Wel, nou gaan jy dit alles in die Afrikaanse klas doen! Jy gaan dit vreeslik geniet om Afrikaans te praat en te skryf terwyl jy na al die mense van Mandela-rylaan kyk. Ja, Piekfyn Afrikaans het sy eie film en filmsterre! “Mandela-rylaan se stories” is ’n tipies Suid-Afrikaanse TV-sepie. Behalwe kyk, gaan jy ook lekker gesels en jou mening gee oor die film, karakters en gebeure
Geniet ’n Piekfyn-leerervaring!

€9.49
Métodos de pago
¡Compre este libro electrónico y obtenga 1 más GRATIS!
Idioma Africaans ● Formato EPUB ● Páginas 335 ● ISBN 9781775891109 ● Tamaño de archivo 17.0 MB ● Edad 17-16 años ● Editorial Best Books ● Publicado 2014 ● Edición 1 ● Descargable 24 meses ● Divisa EUR ● ID 4770945 ● Protección de copia Adobe DRM
Requiere lector de ebook con capacidad DRM

12.016 Ebooks en esta categoría