Ettie Bierman 
Om ’n reënboog te vang [EPUB ebook] 

Support
Jong onderwyseres Kylie is ’n geskeide vrou, nie ’n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie só baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy’s veronderstel om ná haar egskeiding ’n mannehater te wees, wat is dit nou met haar en die vlinders? Kylie hou haar hardekoejawel, maar sy misreken haar – so maklik gee sjarmante boukontrakteur Justin nie op nie. Maar haar eks Rynhard is nog nie uit die prentjie nie en wil Kylie met alle mag en geweld terugwen. Boonop vertel haar ma – en Rynhard self – haar voortdurend dat sy kamstige affair nooit ooit gebeur het nie. Justin se hulpvaardigheid en bedagsaamheid laat Kylie se skanse sak. Hy maak kos, versorg seerplekkies, terg haar oor saam mango’s eet in die bad . . . Hulle praat glad van trou. Maar hoe kry Kylie Rynhard van haar deur af weg? Wanneer Justin se amper-eksvrou haar boonop begin dreig, weet Kylie nie watter kant toe nie. Die verleidelike nuwe man . . . of haar ewe sexy eks met wie sy so ’n lang geskiedenis het?
€4.99
payment methods

About the author

Ettie Bierman is ’n alombekende en hoogs gewilde skrywer van liefdesverhale. Haar vroeëre boeke het gewoonlik ’n reistema, dikwels met ’n lugwaardin as hoofkarakter. Die afgelope paar jaar skryf sy vir die Satyn-reeks, waarvan Sterre is vir ewig en Fluisterliefde maar enkele titels is. Sy en haar man, Roelf, woon in Kwa Zulu-Natal.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624070252 ● File size 0.2 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2014 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4534878 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

760,838 Ebooks in this category