Ettie Bierman 
Ver pad na Königsee [EPUB ebook] 

Support
Die pragtige Ezette Nel met haar blink, swart hare en besonderse turkoois oë, is ’n Afrikaans-onderwyseres by ’n hoërskool. Hoewel die skool se druk buitemuurse program baie van haar tyd in beslag neem, het sy twee groot voorliefdes: sy is hartstogtelik lief vir diere en sy wil baie graag nog ’n hele string boeke skryf.

Haar amper-verloofde, Charl Myburgh, is ’n LO-onderwyser en ’n plesiersoeker wat veel eerder rondrits as om rustig tuis te bly. Ezette het hom lief en geniet sy geselskap, maar tog wonder sy soms: Is hulle regtig geesgenote?

Dan ontmoet sy Derek Myburgh, Charl se ouer broer wat ’n veearts is en toevallig haar twee groot voorliefdes deel. Tot Ezette se groot ontsteltenis voel sy dadelik baie aangetrokke tot hom en is hy vir haar byna onweerstaanbaar aantreklik . . .

Maar sy vind gou uit dat sy nie net moet rekening hou met haar kloppende hart nie, maar ook met haar naderende verlowing, haar onderwyspos en die feit dat Derek Myburgh
haar reeds soos ’n ware skoonsuster behandel . . .
€4.99
payment methods

About the author

Ettie Bierman is ’n alombekende, gewilde skrywer van romantiese verhale. Sy is getroud met Roelf van Rensburg, self ook skrywer en oud-uitgewer. Hulle woon sedert 2003 aan die suidkus van Kwa Zulu-Natal, waar sy ná ’n stilte van ses “sabbatsjare” weer volstoom aan die skryf is.
Buy this ebook and get 1 more FREE!
Language Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624069768 ● File size 0.4 MB ● Publisher Tafelberg ● Published 2014 ● Edition 1 ● Downloadable 24 months ● Currency EUR ● ID 4534842 ● Copy protection Adobe DRM
Requires a DRM capable ebook reader

More ebooks from the same author(s) / Editor

299,593 Ebooks in this category