Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing. Sy raak egter heeltemal té gespanne – so erg dat sy nie eers ’n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie. Wanneer Ingo vir Emma met ’n ander meisie verneuk en boonop een van haar liedjies steel, nooi vriende haar na Xander Vermeulen se wildsplaas om van Ingo te vergeet.Xander het self ’n platemaatskappy en besef gou hoe talentvol Emma is. Maar Xander is ’n moeilike man en het geen tyd vir Ingo nie. Net toe Emma dink haar loopbaan tel spoed op, beduiwel Ingo wéér die spul. Emma word in hegtenis geneem vir die besit van dwelms. En Xander se geduld is hierdie keer min. . .
Achetez cet ebook et obtenez-en 1 de plus GRATUITEMENT !
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 224 ● ISBN 9780624050537 ● Taille du fichier 0.3 MB ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2011 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 2487238 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM