Annerle Barnard 
Sweepslag [EPUB ebook] 

Support

Die vyftienjarige Paul se passie is vlieghengel. Een oggend gaps hy sy pa se motorboot om op die Vanderkloofdam te gaan hengel. Ongelukkig vir hom sien hy hoe ’n moord gepleeg word en beland hy in die kloue van die einste boewe. Hy word saam met ander jongmense gevange gehou in ’n luukse huis vol gruwels. Uitkomkans is daar nie, maar dinge raak so erg dat hy sy lewe gaan waag om weg te kom.’n Spanningsvolle, meesleurende verhaal waarvan die sentrale tema vele baie aktuele, skrikwekkende realiteite aanraak, nl. mensehandel, kinderpornografie, dwelmhandel en moord. Dit stuur ’n duidelike boodskap uit vir jongmense dat niemand veilig is nie, veral nie wanneer hulle betrokke is by dwelms en prostitusie nie. Maar soos in Paul en Alicia se geval, was hulle net op die verkeerde plek op die verkeerde tyd – Paul wat ’n moord aanskou en Alicia wat vir die eerste keer in haar lewe skool bunk omdat sy ontsteld is oor iets wat gebeur het.

€8.99
méthodes de payement

A propos de l’auteur

Annerle Barnard matrikuleer aan die Hoërskool Wolmaransstad en voltooi ‘n BA (Hons) (Engels) aan die Noordwes-Universiteit, asook ‘n Hoër Onderwys Diploma. Aanvanklik hou sy skool, maar begewe haar later in die korporatiewe sektor. Annerle is getroud en het twee sportiewe seuns en ’n wonderlike, ewe sportiewe stiefdogter. Sy woon in Bloemfontein.

Achetez cet ebook et obtenez-en 1 de plus GRATUITEMENT !
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 256 ● ISBN 9780624086789 ● Taille du fichier 0.4 MB ● Âge 17-14 ans ● Maison d’édition Tafelberg ● Publié 2019 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 6957832 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM

Plus d’ebooks du même auteur(s) / Éditeur

58 292 Ebooks dans cette catégorie