Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers in Vreesbaai kom woon nie, begin vreemde dinge gebeur. Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik gedurig gekonfronteer met sy grootste vrees: ‘n monsteragtige, woedende hond. Gou lyk dit ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen ‘n geheim met hulle saamdra. Kan dit wees dat al die kinders op Vreesbaai deur iets afgrysliks geterroriseer word? Die eerste titel in ‘n heerlike nuwe reeks grilstories vir jong lesers.
A propos de l’auteur
Shân Fischer het ‘n agtergrond in beide tradisionele en digitale kuns. Haar fokus was op karakterontwikkeling vir opvoedkundige kinderspeletjies , voordat sy twee jaar in Japan as ‘n vryskut- kunstenaar en Engelse onderwyser gaan werk het. Sy is tans ’n vryskut-illustreerder in die boek-, animasie- en filmbedryf.