Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen?
‘n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!
A propos de l’auteur
De Wet Hugo is ‘n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ‘n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië. Kleinnmond is sy Suid-Afrikaanse tuiste. Hy het reeds bydraes gepubliseer in Rympies vir Pikkies en Peuters, Liedjies vir Pikkies en Peuters, Skrik op die lyf , Rympies vir Kleintjies en Kleuters en Skool is ‘n riller.