Piekfyn Afrikaans Graad 6 is gemik op leerders wat Afrikaans as Eerste Addisionele Taal neem. Dit bevat interessante leerstof en volkleur illustrasies om visuele geletterdheid te bevorder. Al die taalinhoud, aktiwiteite, speletjies en ander oefeninge word met dié van ander vakke geïntegreer sodat die kennis wat die leerders opdoen, hulle ervaringswêreld verryk en hul sodoende deeglik voorberei vir Graad 7.
Die aktiwiteite is gerig op die verwerwing van al die taalvaardighede en lewensvaardighede. Kort tekste, prente, gedigte, strokies, taalspeletjies, stories, slagspreuke en hope ander lekkerlees en doendinge is leerders se voorland. Leerders word deurlopend blootgestel aan luister, praat, lees, kyk, skryf en hulle word uitgedaag om Afrikaans taalstrukture speels, kreatief, vloeiend en ekspressief te gebruik. Afdelings soos Pitkos, in ’n neutedop, die Indeks, Taalgids en Letterkundegids berei leerders vir enige soort taak voor. Dan is daar boonop die Piekfyn Afrikaans Leesboek om leerders se leesvaardighede te ontwikkel en ’n liefde vir lees te kweek.
Geniet ’n piekfyn leerervaring!
Goedgekeur vir die Nasionale Katalogus (KABV).
Piekfyn Afrikaans Graad 6 Eerste Addisionele Taal Leerderboek [EPUB ebook]
Achetez cet ebook et obtenez-en 1 de plus GRATUITEMENT !
Langue Afrikaans ● Format EPUB ● Pages 286 ● ISBN 9781775890126 ● Taille du fichier 17.6 MB ● Âge 17-12 ans ● Maison d’édition Best Books ● Publié 2014 ● Édition 1 ● Téléchargeable 24 mois ● Devise EUR ● ID 4747668 ● Protection contre la copie Adobe DRM
Nécessite un lecteur de livre électronique compatible DRM