Otto woon in ’n regte spookhuis en het ’n pratende vlermuis as troeteldier. Vir hom is dit glad nie vreemd dat daar ’n spook in sy tannie Sharon se stofsuier woon en ’n ander een gereeld toebroodjies uit die yskas steel nie. Nietemin is hy geskok om ’n Grieselgryper in sy buurman se tuin raak te sien. Maar Harry is glad nie so grieselrig soos hy lyk nie en is eintlik ’n baie gawe kêrel. Wanneer Otto se huisspoke skielik geheimsinnig verdwyn, ontdek Otto en sy vriendin Emily gou dat dit baie handig is om ’n Grieselgryper aan jou kant te hê.
A propos de l’auteur
Fréderic Bertrand is in 1981 in Minden gebore en kort daarna het al die goeie spoke hom verlaat. Hy spook al vir ‘n paar jaar in Berlyn, waar hy in sy afskuwelike ateljee-grot, onder die begeleiding van skreeuende orrelklanke, sy skrikwekkende prentjies teken.