Hierdie boek dien as ‘n hulpbron of roetekaart vir enige student, opvoeder, onderwysdistrikspersoneel of enige ander persoon wat by die onderrig en opvoeding van mense betrokke is en na verbeterde leeruitkomste streef. Leer- en onderrigprosesse vind binne bepaalde leerruimtes of leeromgewings plaas, en elk van hierdie ruimtes het ‘n unieke karakter asook potensiaal wat wag om ontsluit te word. Onderrig of die oordrag van kennis kan in byna enige ruimte soos ‘n klaskamer, laboratorium, tuin of onder ‘n boom plaasvind. Ongeag op watter ruimte daar vir leer en onderrig besluit word, daar moet deurgaans fyn besin word oor hoe om die potensiaal wat in die verskillende leerruimtes opgesluit le in die beste belang van die leerders of studente te ontsluit aangesien dit ‘n direkte invloed op die leeruitkomste en akademiese prestasies kan uitoefen.
Johann Burger & Aslam Fataar
Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole [PDF ebook]
Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole [PDF ebook]
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Format PDF ● Halaman 183 ● ISBN 9781991201119 ● Editor Johann Burger & Aslam Fataar ● Penerbit African Sun Media ● Diterbitkan 2021 ● Diunduh 3 kali ● Mata uang EUR ● ID 7967628 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM