Grondeise tref die gemeenskap van Nieu-Skotland in Mpumalanga. Dit, en die ou seer van die uitwissing van ’n gesin, het almal op hol: Daar’s stadskind Erin wat nou haar familie moet kom ondersteun, oud-soldaat Andrew Buchanan, wie se gesin jare gelede uitsonderlik wreed uitgemoor is, die plaasadel-Mac Farlanes met hul spogplase, wrokkige werkers met verbintenisse in hoë plekke en die plaaslike polisiediens – nie aldag ewe bedrewe of eerlik nie, maar sersant Elsie Redelinghuys vat nie nonsens nie.Dan word ’n bekende boer vermoor. Is dit ’n “gewone plaasmoord”, verbind aan die smagting na land, ’n plekkie van jou eie – of skuil hier iets anders? Waarom is die grond van Nieu-Skotland so deurdrenk van bloed?
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 310 ● ISBN 9780624058625 ● Ukuran file 0.6 MB ● Penerbit Tafelberg ● Diterbitkan 2011 ● Edisi 1 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 2487273 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM