Philip Kerr 
Hans-Nazi’s [EPUB ebook] 

Dukung

Berlyn, 1936. Hardebaard speurder Bernhard – ‘Bernie’ – Günther word deur ‘n miljoenêr-sakeman ingeroep om die moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié onstuimige politieke klimaat betree hy ‘n donker onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog ontbloot ‘n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering en Heinrich Himmler betrek …
Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot ‘n skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland – ‘n milieu wat Kerr met vernuf skets.
Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in 2019.

€9.99
cara pembayaran

Tentang Penulis

PHILIP KERR (1956–2018) was ’n Britse skrywer wat wêreldwyd bekendheid verwerf het vir sy speurverhale. Hy het in 1980 ’n meestersgraad in filosofie en die regte aan die Universiteit van Birmingham ontvang en het daarna meer as 30 boeke gepubliseer, waaronder veral historiese romans en misdaadfiksie. Sy Bernie Günther-romans speel af in Nazi-Duitsland. Hy is in Maart 2018 oorlede.

Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 288 ● ISBN 9781868428816 ● Ukuran file 0.6 MB ● Penerbit Jonathan Ball ● Kota London ● Negara GB ● Diterbitkan 2018 ● Diunduh 24 bulan ● Mata uang EUR ● ID 6607033 ● Perlindungan salinan DRM sosial

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

118,500 Ebooks dalam kategori ini