Rassie Erasmus 
Rassie [EPUB ebook] 
Stories oor rugby en die lewe

Dukung

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy hele lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou, op sy kenmerkend openhartige manier, gesels Rassie oor sy lewe vol hoogtepunte en laagtepunte.


Hy onthul hoe ontwrigtend dit was om saam met ’n alkoholis-pa groot te word en gesels oor sy kinderjare op die konserwatiewe dorpie Despatch. Hy kyk terug op ’n uitblinkerloopbaan as speler wie se ingebore rugbyinstink, vermoë om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het. Terwyl sy spanmaats ontspan het, het hy verkies om na ure se videomateriaal te kyk om wenstrategieë uit te werk. Toe hy die geleentheid gebied is om as Springbokkaptein vir sy land uit te draf, het hy dié eer van die hand gewys.


Rassie dink terug aan die tye toe hy ’n belangrike onderdeel van die ratwerk in Nick Mallett se rekordverpletterende Springbokspan van die laat 1990’s was. Hy herroep die pyn van die 1999-Wêreldbeker en die besering wat ’n einde aan sy loopbaan as speler beteken het.


Hy bespreek sy revolusionêre afrigtingstegnieke, wat aanvanklik afgelag en toe met ope arms aangegryp is, hoe hy die rugbystrukture by die Stormers die stryd aangesê het en die respek van die Ierse aanhangers by Munster verdien het.


Rassie gesels oor sy grootste bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby, die aanstelling van die eerste swart kaptein, Siya Kolisi, sonder ’n groot ophef of omstredenheid, en hoe die onmiddellike sukses van sy onverskrokke planne vir die effektiewe rassetransformasie van die nasionale span gelei het tot die Rugbywêreldbeker-triomf in 2019.


Lesers sal hulle verkneukel aan die agter-die-skerms-inligting oor interaksies, omstredenheid en voorheen onvertelde verhale uit ’n waarlik grensverskuiwende lewe.

€13.01
cara pembayaran
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● ISBN 9781770108738 ● Penerbit Pan Macmillan South Africa ● Diterbitkan 2023 ● Diunduh 3 kali ● Mata uang EUR ● ID 9101676 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

73,869 Ebooks dalam kategori ini

Tidak ada hasil