Susan Olivier 
Ter wille van liefde [EPUB ebook] 

Dukung
Sy wens sy kon omdraai… Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ’n fisioterapeut wat deel is van ’n span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ’n sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ’n sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ’n einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ’n duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika ’n nuwe begin te maak. Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in Kwa Zulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in ’n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien …
€7.80
cara pembayaran
Beli ebook ini dan dapatkan 1 lagi GRATIS!
Bahasa Afrikanas ● Format EPUB ● Halaman 304 ● ISBN 9780799391428 ● Penerbit LAPA Uitgewers ● Diterbitkan 2018 ● Diunduh 3 kali ● Mata uang EUR ● ID 6791081 ● Perlindungan salinan Adobe DRM
Membutuhkan pembaca ebook yang mampu DRM

Ebook lainnya dari penulis yang sama / Editor

299,593 Ebooks dalam kategori ini

Tidak ada hasil