Hierdie memoir is, soos André Brink dit self stel, ’n reaksie op “’n behoefte … om nader te kyk na party gebeurtenisse in my lewe wat ek nog nie genoegsaam ondersoek het nie; baie dinge wat ek nog nie verstaan nie; baie wat my seergemaak of verras of vreugde veroorsaak het…” Die memoir gee die leser ’n blik op die ryk en vol lewe van een van die grootste skrywers in Afrikaans. Brink se verstommende erudisie en belesenheid in verskeie tale, sy diepgaande gemeenskapsbetrokkenheid (wat dikwels gepaard gegaan het met persoonlike opofferings), sy sterk politieke oortuigings wat meermale tot aksie oorgegaan en tot teistering van owerheidsweë gelei het, is alles dinge wat die leser sal bybly, saam met komiese en deerniswekkende momente uit sy jeug en sy heel persoonlike lewe.
André P. Brink
Vurk in die pad [EPUB ebook]
Vurk in die pad [EPUB ebook]
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 480 ● ISBN 9780798154178 ● Dimensione 0.7 MB ● Casa editrice Human & Rousseau ● Pubblicato 2011 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4743009 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM