Vanaf die verskyning van Dogter van Jefta, op agtien jaar, was Antjie Krog op pad om een van die hoogs aangeskrewe en mees gelese Afrikananse digters te word. Byna veertig jaar later kom sy met ? bundel wat ouer-word karteer, met verse wat die grense tussen liriek en bieg, die persoonlike en openbare, uitwis. Verweerskrif is ? bundel wat aftakeling en verwering vreesloos en ekstaties in die oog staar. In haar unieke stem beskryf Krog die taboes in die verskuiwende gemoedstoestande van die menopouse woedend en intens. Intieme verhoudings ondersoek sy skreiend eerlik; soms konfronterend, maar dikwels op soek na vesoening. In die laaste, meer bepeinsende gedeelte word die intens persoonlike getemper. Die fokus verskuif na Tafelberg – ? durende alomteenwoordigheid wat oor vier jaargetye waargeneem word; die onnaspeurlike getuie van verandering, maar ironies ook ? spieël van die self en persoonlike wanhoop.
Antjie Krog
Verweerskrif [PDF ebook]
Verweerskrif [PDF ebook]
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato PDF ● Pagine 100 ● ISBN 9781415203385 ● Casa editrice Penguin Random House South Africa ● Pubblicato 2011 ● Scaricabile 6 volte ● Moneta EUR ● ID 2503835 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM