Tweelingbroers Christo en André ontdek ’n glasbotteltjie in ’n winkeltjie vol seevaartaandenkings in Houtbaai. Die eienaardige rooi gloed en die vreemde klomp syfers wat een nag uit die botteltjie stroom verander hulle ietwat vervelige vakansie by ouma en oupa eensklaps in ’n opwindende avontuur!Die derde boek wat as vervolgverhaal in Klein B, Die Burger se kinderblad, verskyn en daarna deur Tafelberg uitgegee word. Die eerste was Fanie Viljoen se Kaptein Hamerkophaai en daarna het Harlekyn, deur Jaco Jacobs, gevolg. Skole het weekliks saamgelees en die klasaktiwiteite voltooi wat spesiaal vooraf deur ‘n span opvoeders uitgewerk is.Lesers van die boek sal ook die aktiwiteite kan aflaai by www.dieburger.com of www.nb.co.za.
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 96 ● ISBN 9780624053750 ● Dimensione 1.7 MB ● Età 17-11 anni ● Casa editrice Tafelberg ● Pubblicato 2011 ● Edizione 1 ● Scaricabile 24 mesi ● Moneta EUR ● ID 4533714 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM