Antoinette Pienaar 
Kruidjie roer my [EPUB ebook] 

Supporto

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!”
Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is.
Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem.
In Kruidjie roer my hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter.
’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

€7.69
Modalità di pagamento
Acquista questo ebook e ricevine 1 in più GRATIS!
Lingua Afrikaans ● Formato EPUB ● Pagine 184 ● ISBN 9781415209585 ● Casa editrice Penguin Random House South Africa ● Pubblicato 2017 ● Scaricabile 3 volte ● Moneta EUR ● ID 5695540 ● Protezione dalla copia Adobe DRM
Richiede un lettore di ebook compatibile con DRM

Altri ebook dello stesso autore / Editore

2.225 Ebook in questa categoria